Skip to main content

‘n Inwoner het gedurende 2021 by Huis Horison se familie aangesluit. Dit was haar eerste keer weg van die huis af, na ‘n plek wat vir haar onbekend was. Sy het dit uitdagend gevind om by Huis Horison aan te pas, en gedurende haar eerste jaar het sy verskeie kere gedurende die dag die Maatskaplike Werker besoek. Die resulaat van hierdie besoeke, en die bystand van ‘n fasiliteerder, het daartoe gelei dat sy goed aangepas. Voortdurende ondersteuning van alle personeel, en ook haar ouers wat in konstante kontak met ons terapeutiese span was, was instrumenteel in haar aanpassing. Aan die fisiese kant sorg almal dat haar kamer nie alleen vir haar ‘n plek van sekuriteit bied nie, maar ook vir haar ‘n gemaklike tuiste kan bied. Omring deur haar poppe, Lego’s, skootrekenaar en boeke is sy gemaklik, tevrede, geliefd en veilig. Met haar terugkeer na ‘n vakansie het sy gesê: ‘Jy weet tannie, ek is so bly om terug te wees. Ek het vir my ouers gaan kuier, maar Huis Horison is my huis.’

En hierdie is presies wat Huis Horison vir sy inwoners en dagwerkers bied, ‘n veilige tuiste waar hulle volle menswees ontwikkel kan word.

en_GBEnglish (UK)