{"id":6554,"date":"2022-04-11T14:49:55","date_gmt":"2022-04-11T12:49:55","guid":{"rendered":"https:\/\/www.huishorison.org.za\/?p=6554"},"modified":"2022-04-19T08:58:25","modified_gmt":"2022-04-19T06:58:25","slug":"inwoner-fokus","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/inwoner-fokus\/","title":{"rendered":"Inwoner Fokus &#8211; Nuusbrief April 2022"},"content":{"rendered":"<div id=\"fws_6a6735213f3b8\"  data-column-margin=\"default\" data-midnight=\"dark\"  class=\"wpb_row vc_row-fluid vc_row\"  style=\"padding-top: 0px; padding-bottom: 0px; \"><div class=\"row-bg-wrap\" data-bg-animation=\"none\" data-bg-animation-delay=\"\" data-bg-overlay=\"false\"><div class=\"inner-wrap row-bg-layer\" ><div class=\"row-bg viewport-desktop\"  style=\"\"><\/div><\/div><\/div><div class=\"row_col_wrap_12 col span_12 dark left\">\n\t<div  class=\"vc_col-sm-12 wpb_column column_container vc_column_container col no-extra-padding inherit_tablet inherit_phone\"  data-padding-pos=\"all\" data-has-bg-color=\"false\" data-bg-color=\"\" data-bg-opacity=\"1\" data-animation=\"\" data-delay=\"0\" >\n\t\t<div class=\"vc_column-inner\" >\n\t\t\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t\t\t\n<div class=\"wpb_text_column wpb_content_element\" >\n\t<div class=\"wpb_wrapper\">\n\t\t<blockquote><p>\nAs jy vir Theuns Kotze soek, sal jy hom heel waarskynlik in die houtwerkkamer vind, waar hy besig is om te werk aan \u2018n delikate of moeilike rottang meubelstuk.\n<\/p><\/blockquote>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-6555 size-medium\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-225x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-225x300.jpeg 225w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-1152x1536.jpeg 1152w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-9x12.jpeg 9w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM-600x800.jpeg 600w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/WhatsApp-Image-2022-04-11-at-9.59.51-AM.jpeg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/p>\n<p>Hy is baie goed met sy hande en het al van vroeg af riempies- en rottangvleg geleer. Alhoewel hy as \u2018n jong man in die tuinspan saam met oom Vissie gewerk het, het hy later van tyd aangesluit by die houtwerkspan, en is steeds werksaam in hierdie werkarea, en uiters gelukkig daar.\u00a0 Hy is baie hardwerkend en hulpvaardig, en sal steeds doenig bly as daar werk is, al ontspan die res van sy mede houtwerk spanlede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Theuns en sy suster Ansie is oorspronklik uit Vanrhynsdorp, en beide is al meer as 40 jaar by Huis Horison. Theuns was bekend as die sterkste man by Huis Horison. As \u2018n jong man het hy dikwels gehelp met die trekker en ploeg, en hy sal jou ook vertel (en ander getuig) hoe hy man-alleen die Toyota bakkie opgetel het sodat sy vriend Joe \u2018n klip onder die kar kon uithaal.<\/p>\n<p>Theuns is baie lief vir diere, en sal sonder skroom alles neersit om vir \u2018n paar minute die besoekende PAT honde te vertroetel.<\/p>\n<p>Sy werk is die belangrikste deel van sy dag. Hy is baie geduldig en het die vermo\u00eb om die moeilikste take aan te pak, en daarmee \u2018n plan te maak. Daarom is hy die persoon wat die moeilikste vlegwerk kan uitvoer. Hy is uiters trots daarop en dit gee hom \u2018n sin van eiewaarde.<\/p>\n<p>As \u2018n persoon is hy opreg, baie regverdig, en ontferm hom oor die jonger ouens saam met wie hy werk.\u00a0 Hy het simpatie, en staan op teen onregverdigheid. Hy het ook \u2018n goeie sin vir humor; hy hou van grappe maak, en is \u2018n bok vir sports as hy speels geterg word. Wanneer hy nie werksaam is nie, spandeer hy graag tyd saam met sy meisie Debbie, met wie hy al \u2018n lang pad stap.<\/p>\n<p>Theuns is tevrede met baie min, en sal die beste maak uit die bietjie wat hy het. Huis Horison is sy enigste tuiste en hy is baie gelukkig hier. Almal het \u2018n sagte plekkie vir Theuns, want hy is \u2018n persoon wat met opregtheid en deugsaamheid \u2018n positiewe verskil maak in die lewens van mense om hom.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-6580\" src=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-768x1024.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-768x1024.jpg 768w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-9x12.jpg 9w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele-600x800.jpg 600w, https:\/\/www.huishorison.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Theuns-stoele.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Theuns is maar een van die intellektueel gestremde inwoners, wat in die geborge gemeenskap van Huis Horison, die geleentheid kry om \u2018n menswaardige lewe te lei.\u00a0 Soos Theuns, is daar verskeie ander behoeftige inwoners wat nie die geleentheid het om weg te gaan nie, en die lewe in Huis Horison is die enigste lewe wat hul ken. Jou ondersteuning help Huis Horison om ons inwoners en dagwerkers se bestaan, te normaliseer en verryk. Hulle sal as gevolg van hulle prim\u00eare intellektuele gestremdhede nooit onafhanklik in die samelewing kan funksioneer nie\u2026al wil hulle graag! Lewenslange versorging en leiding op alle lewensterreine is nodig, dus word fisiese en emosionele behoeftes, opleiding, bevordering van geestelike groei en \u2018n gesonde lewenswyse aangespreek.<\/p>\n<p>Hier in hul woning en beskutte werksarea kan elkeen van hulle tot hul beste vermo\u00ebns leef!<\/p>\n<p>Huis Horison is \u2018n maatskappy sonder winsbejag en daar is verskeie maniere waarop jy kan help om \u2018n verskil te maak:<\/p>\n<ul>\n<li>Maak \u2018n <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/donations\/\"><strong>donasie<\/strong> of \u2018n maandelikse bydrae<\/a>,<\/li>\n<li>Maak u hart oop en <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/AF\/sponsor-a-person\/\"><strong>borg<\/strong> een van ons 20 sorgbehoewende inwoners maandeliks<\/a>,<\/li>\n<li>Benoem ons in u <strong><a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/donations\/\">testament<\/a>,<\/strong><\/li>\n<li>Vertel \u2018n vriend of kollega van Huis Horison ,<\/li>\n<li>Maak Huis Horison \u2018n <a href=\"https:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/myshool-myvillage-myplanet\/\">begunstigde op jou <strong>MySchool<\/strong> kaart<\/a> ,<\/li>\n<li>Skenk produkte of skenk u tyd of professionele dienste.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Horison gemeenskap wil jou graag bedank vir jou belangstelling en kosbare betrokkenheid. Ons wens jou en jou geliefdes &#8216;n vreedsame Paastyd toe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vriendelike groete,<\/p>\n<p>Elza C Bresler<\/p>\n<p>Uitvoerende Direkteur<\/p>\n\t<\/div>\n<\/div>\n\n\n\n<div class=\"divider-wrap\" data-alignment=\"default\"><div style=\"height: 30px;\" class=\"divider\"><\/div><\/div>\n\t\t\t<\/div> \n\t\t<\/div>\n\t<\/div> \n<\/div><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"As jy vir Theuns Kotze soek, sal jy hom heel waarskynlik in die houtwerkkamer vind, waar hy besig is om te werk aan \u2018n delikate of moeilike rottang meubelstuk. Hy...","protected":false},"author":3,"featured_media":6555,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[49],"tags":[],"class_list":["post-6554","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","category-horizon-house"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6554","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6554"}],"version-history":[{"count":6,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6554\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6581,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6554\/revisions\/6581"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/6555"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6554"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6554"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/www.huishorison.org.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6554"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}