Gedurende 2021 is ’n nuwe werkarea geskep wat verder ontwikkel is in 2022. Hier kan inwoners en dagwerkers, met verskillende vlakke van funksionering, geïndividualiseerde lynfunksie take voltooi.
‘n Lynfunksie word saamgestel uit verskillende komponente van take ten einde ’n finale produk daar te stel. Hierdie take kan wissel van basiese, gemiddelde tot meer ingewikkelde take wat deur laag, medium en hoër funksionerende inwoners en dagwerkers voltooi kan word. Elkeen behartig ‘n taak wat hul pas en wat hulle geniet, en daardeur word erkenning, selfwaarde en trots geskep wat kwaliteit toevoeg by hul lewens.
Ons was aangenaam verras dat hierdie werkarea vir 2022 ’n finansiële bydrae kon lewer tot ons Kermis. Hulle was verantwoordelik vir handgemaakte kersversierings en -koekies wat te koop was by die Kerstafel. Vir volgende jaar se Kermis beplan ons om die Kerstafel nog meer uit te brei.
Intern is hierdie werkarea ook ondersteunend vir ander afdelings in Huis Horison, en kan dienste lewer vir eksterne kliente, veral take van herhalende aard bv. verpakking en vouwerk.