Skip to main content
Huis Horison se jaarlikse liefdadigheidsrolbal kompetisie vind plaas 19November 2020 by die Van Der Stel Rolbalklub, Stellenbosch. Deur jou deelname, maak jy 'n verskil in mensewat leef met 'n intellektuele gestremdheid.

Hierdie rolbal kompetisie is die perfekte manier om die jaar mee af te eindig, of dit nou met vriende of familie is, of nog beter, as 'n jaareindfunksie saam met kollegas. Skryf in in spanne van 4, en geniet 'n ligte aandete en kuier na die spel.

Hierdie jaar het ons 'n spesiale kompetisie opgedra vir Vrouemaand op 13 Augustus 2021, vir meer informasie  lees meer.


Inskrywingsfooie:
R1 300 per span van 4 (insluitend ligte aandete)

Begin:
Inleiding 16:00
Spel begin 17:00

Navrae:
Vir navrae, kontak asb vir Lauren op 021 887 5080 | projekte@huishorison.org.za

Alle fondse ingesamel gaan vir Huis Horison, sentrum vir mense wat leef met 'n intellektuele gestremdheid.

Alle Covid Reëls geld. Alle deelnemers moet asb 'n masker dra.

SKRYF NOU IN

afAfrikaans