Skip to main content

Huis Horison is geleë in ’n pragtige area en dit is vir ons belangrik om die hele gebied ten volle te benut en met insig te ontwikkel.

Een van ons uitdagings is die verwydering van indringerplante en die vestiging en ontwikkeling van nuttige en inheemse plantegroei.

Ekoloog Altus de Wet het Huis Horison onlangs kom besoek, ’n analise edoen en vir ons baie nuttige terugvoer gegee ten opsigte van die identifisering en bestuur van uitheemse bome en plantegroei.

Die Stellenbosch Munisipaliteit het onlangs toestemming gegee dat die vleiland langs Huis Horison inkorporeer word om benut te word deur ons inwoners en mense met gestremdhede. Dit is egter ’n groot verantwoordelikheid en om die gronde te omhein en onderhou sal groot uitgawes vereis.

Ons nooi graag lede van die gemeenskap om in enige kapasiteit by hierdie yslike projek betrokke te raak en ons te help om hier ’n veilige en heilsame buitelug-omgewing vir ons inwoners te skep.

Kliek hier om die November 2020 Nuusbrief te lees.

Kontak gerus bemarking@huishorison.org.za om betrokke te raak.

afAfrikaans