Skip to main content

As 'n Besigheid

  • Bespreek nou solank u jaareindfunksie by Huis Horison se Rolbaldag 19 November
  • Tuinmaak Spanbou

Ons benodig hulp in ons tuin, en is ‘n pefekte geleentheid vir ‘n klein groep kollegas om hul hande bietjie vuil te maak. Onder andere benodig ons nog skenkings van bome (veral Waterpeer bome) en enige boom donasies (een hul aanplant) word verwelkom!

  • Bestel koekies en beskuit vir die maand by Huis Horison se Bakkery.
  • Bied jou besigheid / span se dienste of besigheidsvaardighede aan as deel van Mandela Dag.

As 'n Skool

  • Organiseer 'n CIVVIES DAG  as deel van Loslitdag(3 September) en koop jou plakkers van Huis Horison.
  • Daag die ander klasse uit en samel fondse, of die volgende items in vir Huis Horison:
    Boeke
    Skoene (lig gebruik/netjies, veral groottes 8-11)
    Versierings, liggies en kostuums
    Nuwe kopkussings met slope.
  • Koor of Bands of DJ's - kom vermaak ons inwoners, hulle is lief vir musiek!
  • Kry 'n groep klasmaats bymekaar en kom help ons tuinmaak.

As 'n Individu

  • Doen Fondsinsameling.Beoefen jou gunsteling stokperdjie of sport. Stel ‘n uitdaging vir jouself en samel borgskappe by vriende en familie in.Donate via GivenGain
  • Verjaarsdag wense? Vra vir donasies vir Huis Horison in plaas van geskenke en kaartjies.
  • Pak uit en gooi uit! Ons benodig 'n verskeidenheid goedere insluitend versierings, liggies, vlaggies, geskenkpakkies, kopkussings (in goeie toestand met slope), boeke en goeie gehalte huisgoed. Kontak asb bemarking@huishorison.org.za vir meer inligting.
  • Kinders uit die skool uit? Kies Huis Horison as 'n begunstigde op u MySchool kaart, of teken op vir 'n nuwe kaart. Moedig u vriende en familie aan om dieselfde te doen hierdie Mandeladag!
  • Bak 'n koek met 'n ou familie resep en skenk dit vir ons jaarlikse Somerkermis wat plaasvind op 6 November 2021.
afAfrikaans